Fox Mulder

Fox Mulder
’n Beeld van die betrokke karakter.
David Duchovny alias Fox Mulder

Skepping
Eerste verskyning Pilot (1993)
Uitgebeeld deur David Duchovny
Inligting
Spesie Mens
Geslag Manlik
Beroep FBI Spesiale Agent
Getroud met Dana Scully
Kinders William Scully
Ander familie The Smoking Man (biologiese vader)
Teena Mulder (moeder)
Bill Mulder (wetlike vader)
Jeffrey Spender (vaderlike halfbroer)
Samantha Mulder (moederlike halfsuster)
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State

Fox William Mulder is ’n denkbeeldige FBI Spesiale Agent, wat in die Amerikaanse Fox-televisiereekse, The X-Files en The Lone Gunmen optree, waar die wetenskapfiksieprogramme handel oor regeringsameswerings met die doel om die waarheid omtrent ruimtewesenlike bestaan te ontken of in die duister te hou.

Hy werk saam met sy FBI-kollega, Dana Scully, in die X-Argiewe kantoor, wat bemoei is met sake wat buitengewoon geheimsinnig of deur moontlik paranormale omstandighede onopgelos en deur die FBI in die doofpot gestop is. David Duchovny, ’n Amerikaanse akteur, vertolk die rol van Mulder. Hierdie hoofkarakter is tot die eerste sewe reekse beperk, waarna hy as terugkerende karakter in die laaste twee reekse te sien is, merendeels omrede Duchovny met sy loopbaan wou aanbeweeg. Mulder verskyn die eerste maal in die eerste reeks se Pilot-tussenverhaal, wat in 1993 uitgesaai is. Mulder is oortuig dat vreemde vlieënde voorwerpe (VVV’s) bestaan, sowel as ’n gepaardgaande regeringsameswering wat die waarheid omtrent die bestaan van hierdie wesens probeer muilband. Mulder stel die X-Argiewe en die waarheid verberg deur die vermeende sameswering só hoog op prys, dat hy sy hele lewe daaraan wy.


Developed by StudentB